Wat behels die klassies?

Die program word deur onafhanklike fasiliteerders by verskeie skole aangebied.

Elke kind word toegerus met 'n "laboratoriumjassie" en "veiligheidsbril". Daar word gepoog om gedurende elke klas: Elke week word daar 'n wetenskaplike van die week, byvoorbeeld Einstein, Edison of Fahrenheit aan die kinders voorgestel. Hiermee word daar gepoog om nou reeds vir kinders bewus te maak van die belangrike rol wat hierdie mense gespeel het om die lewe vir ons makliker te maak. Dit verbreed ook op ‘n baie eenvoudige en prettige manier die kinders se algemene kennis.

Experi-pakkie

Aan die einde van elke klassie neem die kinders 'n "Experi-pakkie" huis toe.
Hierdie pakkie bestaan uit:
  • 'n briefie wat aan u verduidelik wat ons tydens die klassie gedoen het, asook wat ons ontdek het. Dit verskaf agtergrond inligting vir verdere bespreking tuis.
  • 'n eenvoudige eksperiment met instruksies wat tuis gedoen kan word, OF die eindproduk van 'n eksperiment wat in die klas gedoen is.

Die program bestaan uit een 30 tot 40 minute klassie per week.

Hoe kan jou kind baat?

Kinders behoort eksperimente te doen om dieselfde redes waarom daar vir hulle stories vertel word en waarom hulle aan sport deelneem - eksperimente moedig kinders aan om nuuskierig, kreatief en vol selfvertroue te wees. Eksperimente leer kinders om waar te neem, te vergelyk, te dink en te voorspel – alles terwyl hulle PRET het!

Die program ontwikkel verskeie opvoedkundige vaardighede: