Franchise Opportunities
HOMEABOUTGALLERYDOWNLOADSCONTACT

Experi-Buddies is an educational programme that uses experiments to show young children that the world of science can be fun. This is done by means of interactive projects, exciting demonstrations and basic experiments.

Experi-Buddies has transformed these boys of Klein Boishaai to scientists. They are ever eager to get going with their lab coats and goggles. "Wow! What is going to happen now?", "Cool" are the most common phrases heard during these sessions. Mariaan and Wendy (Gr R teachers)
Ons juffrouens van Bambi was uit die staanspoor baie opgewonde oor die konsep van Experi-Maatjies! Ons word elke jaar oorval deur mense wat buitemuurse programme wil kom aanbied en ons moet uiters selektief wees in ons keuses. Ons kon egter reeds tydens Experi-Maatjies se bekendstelling sien dat ons met 'n kwaliteit-program te doen het. Die program is deeglik nagevors en die aanbieding is prakties, prikkelend en pret - perfek vir voorskoolse kinders! Musiek en sintuiglike waarneming word effektief gebruik om konsepte of feite vas te lê. Van die eerste les af was die ouers al "Experi-Ouers" - hulle was amper meer opgewonde as die kinders om te sien wat in die week se Experi-pakkie is. Wetenskap sal beslis nooit "droog" wees vir hierdie kinders nie. Bambi beveel Experi-Maatjies ten sterkste aan vir alle voorskoolse kinders! Beste Wense. Esmari du Toit (Skoolhoof)
Charlie is MAL oor die Experi-Maatjies klassies en ek self kannie wag om die tuis-eksperiment te doen nie!! Ek gaan al die blaadjies bêre want dis so handig vir dae wat ons nie weet wat om te doen nie. Amanda
Dit is absoluut fantasties wat die kinders als leer. Juan geniet dit so en vertel elke keer vir ons geesdriftig wat julle gedoen het. Ons dink dit is die beste en leersaamste buitemuurse aktiwiteit. Groete. Karen
So, baie dankie! My kinders is elke Vrydag in vervoering as ek hulle by die skool gaan kry na die klassie. Ek verstom my aan die hoeveelheid detail wat hulle kan weergee na so 'n sessie. Selfs klein Ezaan! Luan kon vanmiddag nie wag om by die huis te kom nie; was baie seker dat daar 'n 'treasure' in sy stukkie 'sandsteen' sou wees - soos 'n diamant of iets!  Gek gewees oor die vulkaan en toe hy vertel hoe die vulkaan oorgeborrel het, het die ogies gesprankel van pure lekkerte! Liana
Baie dankie vir die spesiale tydjie elke week met die kleingoed. Ek glo hierdie klein eksperimentjies en lessies gaan nog vir baie jare groot dinge voortbring. Die foto's is wonderlik, en gee ons 'n kansie om werklik te sien hoe ons kinders dit geniet. Rachellé (Marike)
Ben is mal oor Experi-Maatjies en ons doen ywerig die eksperimente by die huis wat hy saam terugbring. Die vulkaan was natuurlik 'n wenner en die suiker wat op die styf gespande ballon rondhop wanneer daar naby dit geskree word - hulle het dae lank gegil! Die inligtingstukkies wat hul elke week terugbring is regtig oulik, ek en my man leer ook baie! Ben sal sommer uit die bloute oor n eksperiment begin gesels, so dit laat hulle definitief dink en die breinstoffies laat vloei! Carike
Janus is absoluut in ekstase oor hierdie klassie van hom en kan hy nie wag vir Woensdae nie. Ek kan nie glo wat hy alles daar leer nie en onthou hy dit en vertel vir al sy maats by die huis daarvan. Ons moet ook gereeld weer by die huis die eksperimente doen. Baie dankie vir julle klassies. Janus het in 'n regte Einstein ontpop. Suretha
Experi-Maatjies | Experi-Buddies on Facebook
English Afrikaans Facebook Twitter
© Experi-Maatjies | Experi-Buddies
Clip art © by Phillip Martin
Privacy policy | Legal disclaimer
WEBSITE BY web design