
Die program word deur onafhanklike fasiliteerders by verskeie skole aangebied.
Elke maatjie word toegerus met 'n "laboratoriumjassie" en "veiligheidsbril". Daar word gepoog om gedurende elke klas:
- so veel as moontlik PRET te hê;
- vir elke maatjie die kans te gee om ten minste een eksperiment SELF te doen;
- vir die maatjies te leer om as ‘n groep SAAM een eksperiment te doen, dus beurte te maak om aksies uit te voer;
- ten minste een eksperiment te doen wat 'n GROOT verrassingselement bevat;
- die eksperimente af te wissel om verskeie wetenskaplike vakrigtings soos Chemie, Fisika, Geografie, Biologie, Meteorologie en Astronomie te dek;
- die wetenskap agter elke eksperiment so eenvoudig moontlik te verduidelik.

Elke week word daar 'n wetenskaplike van die week, byvoorbeeld Einstein, Edison of Fahrenheit aan die maatjies voorgestel. Hiermee word daar gepoog om nou reeds vir kleuters bewus te maak van die belangrike rol wat hierdie mense gespeel het om die lewe vir ons makliker te maak. Dit verbreed ook op ‘n baie eenvoudige en prettige manier die maatjies se algemene kennis.
Aan die einde van elke klassie neem die maatjies 'n "Experi-pakkie" huis toe. Hierdie pakkie bestaan uit:
- 'n briefie wat aan u verduidelik wat ons tydens die klassie gedoen het, asook wat ons ontdek het. Dit gee aan u die agtergrond om verder met u kleuter oor die onderwerp by die huis te gesels.
- 'n eenvoudige eksperiment met instruksies wat tuis gedoen kan word, OF die eindproduk van 'n eksperiment wat in die klas gedoen is.
Die program bestaan uit een 30 tot 40 minute klassie per week met 10 tot 12 maatjies per klassie.

Kinders behoort eksperimente te doen om dieselfde redes waarom daar vir hulle stories vertel word en waarom hulle aan sport deelneem - eksperimente

moedig kinders aan om nuuskierig, kreatief en vol selfvertroue te wees. Eksperimente leer kinders om waar te neem, te vergelyk, te dink en te voorspel – alles terwyl hulle PRET het!
Die program ontwikkel verskeie opvoedkundige vaardigehede:
- Wiskundige vaardighede – tel en meet
- Taalvaardighede – nuwe terminologie
- Oog-hand-koördinasie – oogbeweging word gebruik om die beweging van die hande te stuur
- Sosiale vaardighede – groepwerk wat selfvertroue bevorder
- Taspersepsie – die gewaarwording van dit waaraan geraak is
- Visuele geheue – die vermoë om the kan onthou wat gesien is
- Ouditiewe geheue – die vermoë om verbale instruksie te kan onthou
- Fyn-motoriese vaardighede – die beweging van die klein spiere in die liggaam insluitend die oë, gewrigte, hande en vingers
- Konsentrasie
- Probleemoplossing
"All life is an experiment. The more experiments you do, the better." Ralph Waldo Emerson
Experi-Maatjies | Experi-Buddies on Facebook
© Experi-Maatjies | Experi-Buddies
Clip art © by
Phillip Martin
Privacy policy | Legal disclaimer